Die Burger
Die onlangse klopjab by die huis van die burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit “is ‘n desperate poging om sy naam swart te smeer”.
Ray van Rooy, die burgemeester, het gister gesê die voorval verlede week waar die polisie beslag gelê het op dwelms en een koeel by sy woning op Piketberg is “geweldig pynlik”. “Ek is diep seergemaak deur wat gebeur het omdat dit lyding nie net vir my nie, maar ook my familie veroorsaak het,” sê hy in ‘n verklaring.
“My vrou en kinders ly weens die trauma en verleentheid van die situasie.”
Hy het bevestig dat hy vir ondervraging geneem is na die klopjag, maar dat hy nie aangekla is nie.
Van Rooy, vand die DA, het benadruk dat hy nog nooit in sy lewe betrokke was by die verkope of verspreiding van dwelms of dit gebruik nie.
“Dit wit middel en koeel wat gevind is, was inder-waarheid buite my huis tussen houtpalette versteek.”
Die voorval het ‘n negatiewe uitwerking op sy swanger dogter gehad, sê hy.
“Dit breek my hart om te sien dat my familie geteister word deur iets waarin ek absoluut geen aandeel gehad het nie.”
Van Rooy sê hy glo die meesterbrein agter die veldtog teen hom sal ontbloot word. “As ‘n godvresende man, sal die waarheid aan die lig kom en my uiteindelik bevry.” Die Bergrivier-munisipaliteit sluit Piketberg, Velddrif, Porterville, Redelinghuys, Eendekuil en Aurora in. Die klopjag het verlede Woensdag by die huis plaasgevind en van Rooy was die dag daarna terug by die werk.
Van Rooy is in Julie 2018 as burgemeester beedig en in 2021 herkies.