PA WAT ‘KIND, HOMSELF PROBEER DOODSTEEK’ STEEDS IN HOSPITAAL

Die Burger, artikel deur Ane van Zyl

Die pa wat glo sy 18 maande oue kind se lewe probeer neem het deur hom met ‘n mes te steek, waarna hy ook met dieselfde mes sy eie lewe probeer neem het, was gister steeds in ‘n geinduseerde koma in die hospitaal, terwyl sy saak Dinsdag in die landdroshof in Bellville geroep is.

Die 35-jarige pa het in absentia verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord op sy seuntjie Saterdag by ‘n kinderspeelplek in Durbanville.

Sy volgende hofdatum is Dinsdag 4 Februarie. Intussen bly hy onder strang polisiebewaking. Hy is glo aan die hospitaalbed vasgeboei.

Die gesinslede mag nie geidentifiseer word nie om die identiteit van die minderjarige slagoffer te beskerm. Die pa het na bewering sy seuntjie verskeie kere met ‘n mes in die nek gesteek, glo te midde van ‘n egskeiding en ontevredenheid oor toegang tot die kind. Daarna het hy sy eie keel met die sjefmes probeer afsny. Hy was eger onsuksesvol en albei het die voorval oorleef.

Na verneem word, gaan dit goed met die seuntjie waar hy in ‘n hospitaal behand word. Hy haal op sys eie asem nadat hy vroeer aan ‘n ventilator gekoppel was.

Die pa word glo in ‘n afsonderlike privaat hospitaal behandel. Die pa het ure voor die voorval die naweek ‘n lang boodskap op sy Facebook-blad geplaad waarin hy skryf oor die egpaar se twis oor toesig oor die seuntjie, hoe hul huwelik verbrokkel het en sy geldprobleme.

Hy het ook verskeie foto’s en video’s van hom en sy seuntjie bygevoeg, insluitend video’s wat glo die oggend van die voorval by die speelplek geneem is.

Gisteroggend is die plasing van sy Facebook-blad verwyder.

Kindermoor deur mans in die konteks van ‘n skeiding of egskeiding is dikwels gegrond op vergelding teenoor die huweliksmaat en ‘n begeerte om beheer uit te oefen, sê Kirsten Clark, kliniese sielkundige en oudbevelvoerder van die polisie se ondersoekende silkundige-afdeling.

“Enige veranderinge in omstandighede, soos verlies aan inkomste, verandering in kindersorgskedules of konflik met ‘n mede-ouer, kan ‘n gevoel van verlies aan beheer skep.

“Naavorsing het getoon dat pa’s wat hul kinders vermoor, voel dat hulle veronreg en geviktimiseer word deur hule eggenoot of maat. Die man kan dink hy het geen ander opsie as om geweld te pleeg nie.

“Oor die algemeen glo hulle hul optrede is geregverdig omdat hulle voel dat hulle ‘n verlies gely het of verneder is.”

‘n Toenemende aantal mans word aangekla of skuldig bevind aan die moord op hul kinders, sê sy. “Die meeste kindermoorde is vergeldend teen ‘n huidige of voormalige eggenoot of lewensmaat,” sê sy. “Navorsing het egter ook getoon dat ‘n derde van mans wat hul kinders vermoor het, geestesversteurings gehad het, soos psigose of depressie. Terwyl geestesongesteldheid dikwels ‘n voorspeller van kindermoord by mans en vroue is, word dit dikwels by mans geminimaliseer en bly dit dikwels onbehandel.”

Clark sê egter die daad van kindermoord is kompleks en geen enkele faktor kan as die oorsaak uitgesonder word nie. “Die Wêreldgesondheidsorganisasie se data wys dat Suid-Afrika een van die hoogste gerapporteerde koerse van kindermoord te wêreld het.”

Die veroordeelde kindermoordenaar Marius van der Westhuizen, ‘n voormalige polisieman, wie se paroolaansoek verlede jaar afgekeur is, se eksvrou, Charlotte, het toe gesê hulle het huweliksprobleme gehad en dat van der Westhuizen na ‘n bakleiery die aand van die skietvoorval die kinders se lewe geneem het as ‘n manier om haar “die gevolge te laat dra”. “Dit was uit wraak, om my te straf, want ek het nie vir hom geluister nie,” het Charlotte gesê. Van der Westhuizen het homself ook geskiet, maar is nie dood nie. Hy is in 2011 altesaam 24 jaar gevangenisstraf opgelê vir die skietmoord op sy drie kinders, Bianca (16), Marius-Eben (5) en Antoinette (21 maande) in Brackenfell in Julie 2006.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top