Skietery onder veiligheidswage eis een se lewe, 19 word ondervra

Die Burger

Die polisie in Kaapstad het beslag gelê op 20 vuurwapens en 19 veiligheidswagte vir ondervraging geneem nadat ‘n skietgeveg gister vroegoggend tussen wagte verbonde aan die minibustaxibedryf in Nyanga uitgebreek het.

Een van die wagte is doodgeskiet en verskeie is raakgeskiet in die jongste voorval in die voortslepende taxi-geweld.

Die polisie het die situasie in die omgewing van die Nyanga-taxistaanplek gemonitor toe die oor-en-weer-skietery uitgebreek het.

Talle pendelaars wat per taxi werk toe moes gaan, is gestrand gelaat.

Van die 20 vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het, was 13 gewere en sewe handwapens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

To Top